Die derde spoel

Die derde spoel

by S J Naudé
Die derde spoel

Die derde spoel

by S J Naudé

eBook

$8.49  $9.00 Save 6% Current price is $8.49, Original price is $9. You Save 6%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Etienne is twee-en-twintig en studeer filmkuns in London nadat hy uit Suid-Afrika gevlug het om diensplig te vermy. Dit is 1986, die tyd van Thatcher, optogte teen apartheid, en Vigs, maar ook van eksperimentele kuns, post-punk en die Royal Vauxhall Tavern. Etienne raak verlief op ’n Duitse kunstenaar in hierdie skadustad waar mense in bouvallige kunstenaarskommunes woon. In Londen kom Etienne af op die eerste van drie filmspoele wat tydens die dertigerjare in Duitsland verfilm is. Etienne begin na die verlore spoele soek, ’n soektog wat ’n obsessie word wanneer sy geliefde vermis raak in Berlyn. Terwyl Etienne die gevaarlike ruimtes weerskante van die Muur navigeer, begin die verhaal van ’n groepie Joodse filmmakers in Nazi-Duitsland vorm aanneem. Etienne word egter teruggeruk na die hede en na Suid-Afrika, maar sy soektog na die vermiste film duur voort. Argitektuur, kinematografie, seks, musiek, siekte, verlies en liefde deurweek SJ Naudé se kosmopolitaanse en roerende Die derde spoel, waarmee hy nuwe grond vir die roman in Afrikaans breek.

Product Details

ISBN-13: 9781415207482
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 05/04/2017
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 352
File size: 566 KB
Language: Afrikaans

About the Author

SJ Naudé is die skrywer van Alfabet van die voëls, wenner van die Universiteit van Johannesburg-debuut en die Jan Rabie Rapport-prys. Hy het in die regte aan die Universiteit van Pretoria en aan Cambridge en Columbia studeer en verwerf ’n meestersgraad in kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit van Stellenbosch. Alfabet van die voëls verskyn ook in Nederlands en Engels. Die Jan Rabie&Marjorie Wallace-skrywersbeurs vir 2014 is aan hom toegeken en sy werk is gepubliseer in Granta en tydskrifte in die vsa, Nederland en Italië. Na jare in New York en Londen, woon hy tans in Johannesburg.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews