Emma se eerste keuse

Emma se eerste keuse

by Elsa Hamersma
Emma se eerste keuse

Emma se eerste keuse

by Elsa Hamersma

eBook

$5.07 

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Emma Smith kom holderstebolder op Pelikaanbaai aan die Weskus aan, so te sê ’n vlugteling: van wat in Londen gebeur het met haar sogenaamde liefdesverhouding, én van haar oorbeskermende ouers, veral haar ma. Hier, op die ou vertroude vakansieplek, wil sy rus vind, haar lewe oordink, vrede kry. Sy’t nie gereken daarop dat Pelikaanbaai die blyplek kan wees van die aantreklikste man wat sy nog ooit aanskou het nie. Simon Sutherland is ’n ellelange man met pikswart hare – en volgens Emma duidelik ’n opperste ongeskikte idioot. Hy maak allerlei aannames oor haar, sommer net oor sy weens haar haas en ontsteltenis in die “verkeerde” stadsklere op die Weskus aanland. En dan is hy nog so orig, ook! Heeltyd ál om haar werf, en skynbaar kop in een mus met haar ouers, om alles te kroon. Wanneer haar ma boonop kom verneem wat Emma so halsoorkop uit Londen laat wegvlug het, is die gort gaar. Simon het soveel bagasie en familiekwellinge, daar’s geen toekoms vir die stadsmeisie en die plaasklong nie. Haar ma is in elk geval verniet bekommerd sy’t hier in Suid-Afrika kom verlief raak . . .

Product Details

ISBN-13: 9780624067115
Publisher: Satyn
Publication date: 04/05/2014
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 224
File size: 410 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Elsa Hamersma het grootgeword in Pretoria, waar sy skool en universiteit toe is. Ná haar huwelik met André werk en leef hulle twee-en-dertig jaar in Johannesburg. Ná aftrede trek hulle Stellenbosch toe en bou ’n vakansiehuis op Jakkalsfontein aan die Weskus. Die lewe by die see wen hul harte en tans woon hulle voltyds op Jakkalsfontein. Elsa het al verskeie tydskrifverhale, romanses en ’n bekroonde jeugverhaal die lig laat sien.

Read an Excerpt

Emma Smith kom holderstebolder op Pelikaanbaai aan die Weskus aan, so te sê ’n vlugteling: van wat in Londen gebeur het met haar sogenaamde liefdesverhouding, én van haar oorbeskermende ouers, veral haar ma. Hier, op die ou vertroude vakansieplek, wil sy rus vind, haar lewe oordink, vrede kry.

Sy’t nie gereken daarop dat Pelikaanbaai die blyplek kan wees van die aantreklikste man wat sy nog ooit aanskou het nie. Simon Sutherland is ’n ellelange man met pikswart hare – en volgens Emma duidelik ’n opperste ongeskikte idioot. Hy maak allerlei aannames oor haar, sommer net oor sy weens haar haas en ontsteltenis in die “verkeerde” stadsklere op die Weskus aanland. En dan is hy nog so orig, ook! Heeltyd ál om haar werf, en skynbaar kop in een mus met haar ouers, om alles te kroon. Wanneer haar ma boonop kom verneem wat Emma so halsoorkop uit Londen laat wegvlug het, is die gort gaar.

Simon het soveel bagasie en familiekwellinge, daar’s geen toekoms vir die stadsmeisie en die plaasklong nie. Haar ma is in elk geval verniet bekommerd sy’t hier in Suid-Afrika kom verlief raak . . .

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews