Hy kom met die skoenlappers

Hy kom met die skoenlappers

by Valda Jansen
Hy kom met die skoenlappers

Hy kom met die skoenlappers

by Valda Jansen

eBook

$9.99  $11.51 Save 13% Current price is $9.99, Original price is $11.51. You Save 13%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

“Jy sit op ’n brander en dink jy gaan in een rigting, dan stoot die onderste oseaan en slaan die branders ’n ander rigting in. Jy verloor jou bewussyn. Die volgende oggend, jare later, word jy wakker op ’n vreemde strand. Jy staan verdwaas op en wil dieselfde rigting in stap wat jy van vroeër onthou, maar die pad is weg, die deur is toe, die een wat jy onthou is nie daar nie, jy kan nie terug nie. Jy staan verdwaas op. Jy het verdwaal, hy het verdwyn. Ek kan nie onthou hoe ek hier beland het nie. Of hoekom.” Hoe kyk ’n mens terug na jou lewe en wens jy het ’n ander vurk in die pad geneem? Wat sou gebeur het as? As? In dié diep ontroerende novelle toor die skrywer soos ’n alchemis van ouds met verdriet en spyt. Dit is ’n liefdesroman, ’n elegie aan die verlore liefde. Die verteller verlang terug na Anders, na Jena, na Duitsland. Maar die verlede spoel ’n mens rond soos die see. Nou is dit te laat. Vir altyd te laat. ’n Uitsonderlike debuutroman deur Valda Jansen.

Product Details

ISBN-13: 9780798172530
Publisher: Human & Rousseau
Publication date: 06/01/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 184
File size: 351 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Valda Jansen het grootgeword in die Strand. Sy behaal ’n honneursgraad in Duits en was Duitsonderwyser. Daarna is sy joernalis, televisienuusskrywer by SABC en redakteur by RSG. Haar gedigte verskyn in verskeie digbundels en ’n kortverhaal word in Boeke-Insig gepubliseer. Sy woon in Kaapstad.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews