Ek is gebore net voor die land 'n republiek geword het in 1960. 'n Pa van 4 kinders en oupa van 3. Ek was ook 'n kind en 'n spelerige een daarby, dit meer interessant gevind as skoolwerk. Dit kan my pa, ma, oupa en ouma bevestig. Dit is 'n voorreg om kind te wees, kattekwaad aan te vang, opregte eerlike speletjies te speel en o ja, moenie van Cowboys en Crooks vergeet nie.
Ek sou graag vandag se kinders so wou sien groot word. Om regtig kinders te wees soos toe ons kinders was. Vandag se kinders word met nuwe tegnologie groot, sit voor rekenaars en televisie. Ek sê nie dit is verkeerd nie maar daar is 'n hele wêreld daar buite om ontdek te word.