Kokkedoor: Resepte uit jou gunsteling-TV-reeks

Kokkedoor: Resepte uit jou gunsteling-TV-reeks

by Errieda du Toit
Kokkedoor: Resepte uit jou gunsteling-TV-reeks

Kokkedoor: Resepte uit jou gunsteling-TV-reeks

by Errieda du Toit

eBook

$11.99  $15.89 Save 25% Current price is $11.99, Original price is $15.89. You Save 25%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Herleef die lekkerte van onthoukos en kook soos 'n Kokkedoor in jou eie kombuis. Hierdie boek bevat die beste uit die gewilde Kokkedoor-televisiereeks, en gaan oor die kos wat ons lief het: erfeniskos, oumakos, huiskos, hunkerkos, kookkos, verlangkos, lekkervoel-kos. - Die beste resepte van elke episode, getoets vir die huiskombuis - Familieresepte vir vleisgeregte, fyngebak, brood, konfyt, piekels, groente, slaai, soetgoed en poedings - Nuwe idees vir Sondagkos, basaarkos, piekniek, padkos, partytjiekos en braai - 'n Kykie na die geskiedenis van geregte en waar gebruike vandaan kom - Goue gunstelinge kry 'n moderne baadjie, sonder om die herinneringe te verloor In dié versamelaarsboek deel Tannie Poppie haar broodpoeding-resep, Marinda en Mathilda hulle heerlike brandrissie-fudge, Theresa haar skuinskoek en ouma Drieka se onfeilbare skilferkorsdeeg. Die reekswenners Mynhardt en Tiaan deel hulle langtafel-geregte, asook nuwe weergawes van erfenisgeregte soos sagopoeding met suikerglasklokke. Hier is vandag se kos, gegeur met gister. Om te kokkedoor is om kosmaak te geniet, vriende en familie na die lang tafel te nooi en ure lank te gesels oor gister se dinge en môre se drome.

Product Details

ISBN-13: 9780798165433
Publisher: Human & Rousseau
Publication date: 10/14/2013
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 224
File size: 24 MB
Note: This product may take a few minutes to download.
Language: Afrikaans

About the Author

Errieda du Toit is 'n bekende in koskringe en een van die meesterbreine agter Kokkedoor. Errieda was van die begin af deel van die program, en het die verfilming van die reeks in Prins Albert meegemaak. Saam met die drie gewilde beoordelaars en onder leiding van Human&Rousseau, het Errieda die resepte gekies en aangepas vir die tuiskombuis. Sy het die fyn oog en geoefende oordeel van 'n koskenner en weet wat vereis word van 'n groot kokkedoor! Errieda is 'n gesoute kosmens met 'n passie vir onthoukos. Sy het kooktegnieke – van die basiese tot die gevorderde – bemeester en meng tradisie met hope kreatiwiteit om nostalgiese resepte vir die toekoms te herskep. Haar vorige boeke sluit in die gewilde Huiskok glanskok en MasterChef South Africa: The Cookbook.

Read an Excerpt

Herleef die lekkerte van onthoukos en kook soos 'n Kokkedoor in jou eie kombuis.

Hierdie boek bevat die beste uit die gewilde Kokkedoor-televisiereeks, en gaan oor die kos wat ons lief het: erfeniskos, oumakos, huiskos, hunkerkos, kookkos, verlangkos, lekkervoel-kos.

- Die beste resepte van elke episode, getoets vir die huiskombuis

- Familieresepte vir vleisgeregte, fyngebak, brood, konfyt, piekels, groente, slaai, soetgoed en poedings

- Nuwe idees vir Sondagkos, basaarkos, piekniek, padkos, partytjiekos en braai

- 'n Kykie na die geskiedenis van geregte en waar gebruike vandaan kom

- Goue gunstelinge kry 'n moderne baadjie, sonder om die herinneringe te verloor

In dié versamelaarsboek deel Tannie Poppie haar broodpoeding-resep, Marinda en Mathilda hulle heerlike brandrissie-fudge, Theresa haar skuinskoek en ouma Drieka se onfeilbare skilferkorsdeeg. Die reekswenners Mynhardt en Tiaan deel hulle langtafel-geregte, asook nuwe weergawes van erfenisgeregte soos sagopoeding met suikerglasklokke.

Hier is vandag se kos, gegeur met gister. Om te kokkedoor is om kosmaak te geniet, vriende en familie na die lang tafel te nooi en ure lank te gesels oor gister se dinge en môre se drome.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews