Siobhan van die sirkus

Siobhan van die sirkus

by Jaco Fouché
Siobhan van die sirkus

Siobhan van die sirkus

by Jaco Fouché

eBook

$6.99  $7.83 Save 11% Current price is $6.99, Original price is $7.83. You Save 11%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

En ek is die een met die naam wat al hoe meer mense deesdae reg uitspreek, al vrees ek die skade is reeds gedoen deur die miljoene kere wat ek “Sioebên” genoem is. Dis “Shiwon”, my magtig, dis hoe ’n mens dit sê, met ’n w soos in witwarm-klap-as-jy-weer-my-naam-verkeerd-kry. Dis ’n coming of age-storie met Siobhán, ’n effens opstandige tiener in graad 11 as hoofkarakter. Sy verras (en skok) haar ouers toe sy besluit om die skoolvakansie by ’n sirkusskool aan te sluit “om net ’n slag iets anders in haar lewe te doen en te ervaar – en dalk help dit vir die dramaklasse wat sy ná matriek wil neem”. By die sirkusskool ontmoet sy ’n uiteenlopende klomp karakters (elk wat sy eie spreekwoordelike masker dra) wat almal uiteindelik ’n invloed op haar sal hê in haar soeke na haarself – soos Klein-Piet, die sirkusinstrukteur en sy geheimsinnige Columbine, en die ernstige, volwasse Greer wat glad nie inpas by ’n sirkusskool nie, maar wat deurentyd ’n sterk invloed op Siobhán het.

Product Details

ISBN-13: 9780798167550
Publisher: Human & Rousseau
Publication date: 08/08/2014
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 192
File size: 624 KB
Age Range: 12 - 18 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Jaco Fouché se debuutroman, Die ryk van die rawe (1996), is in 1997 met die Eugène Marais-prys bekroon sowel as vir die M-Net-prys benoem. Ander werke sluit in: Paartie by Jake’s (1997), Die avonture van Pieter Francken (2005), Twee dae in Mei (2007), Ed van Inligtingstelsels (2009) en Die grysland-verblyf (2010). Van Jaco se kortverhale word in Sarie gepubliseer en hy doen ook vertalings na Engels, o.m. Kleinboer se veelbesproke roman Kontrei, onder die titel Midnight missionary (Zebra Press, 2007). Sy roman, Verstevlei, het die derde prys verower in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd, 2012. Siobhán van die sirkus is Jaco se eerste jeugroman.

Read an Excerpt

En ek is die een met die naam wat al hoe meer mense deesdae reg uitspreek, al vrees ek die skade is reeds gedoen deur die miljoene kere wat ek “Sioebên” genoem is. Dis “Shiwon”, my magtig, dis hoe ’n mens dit sê, met ’n w soos in witwarm-klap-as-jy-weer-my-naam-verkeerd-kry._x000D_

_x000D_

Dis ’n coming of age-storie met Siobhán, ’n effens opstandige tiener in graad 11 as hoofkarakter. Sy verras (en skok) haar ouers toe sy besluit om die skoolvakansie by ’n sirkusskool aan te sluit “om net ’n slag iets anders in haar lewe te doen en te ervaar – en dalk help dit vir die dramaklasse wat sy ná matriek wil neem”. By die sirkusskool ontmoet sy ’n uiteenlopende klomp karakters (elk wat sy eie spreekwoordelike masker dra) wat almal uiteindelik ’n invloed op haar sal hê in haar soeke na haarself – soos Klein-Piet, die sirkusinstrukteur en sy geheimsinnige Columbine, en die ernstige, volwasse Greer wat glad nie inpas by ’n sirkusskool nie, maar wat deurentyd ’n sterk invloed op Siobhán het.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews