Skrik op die lyf

Skrik op die lyf

Skrik op die lyf

Skrik op die lyf

eBook

$11.49  $13.82 Save 17% Current price is $11.49, Original price is $13.82. You Save 17%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Die kollektiewe geheuebank is propvol bangmaakstories; spektakulêre en sinistêre afskuwelikhede word vanaf die wieg van die mensdom oral oorgelewer, van grot tot kampvuur. Nou is dit geboekstaaf: ʼn vreesaanjaende bundel grilverhale oor spoke, kwelgeeste, goëlery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en alles wat onverklaarbaar is. Laat gerekende spekskieters soos Kerneels Breytenbach, RR Ryger, Henning Pieterse, Jaco Jacobs, Marion Holm, Marié Heese, Cecile Celliers, Malene Breytenbach, Fanie Viljoen en Herman Lategan jou die Skrik op die Lyf jaag. Heelparty bonatuurlik-woordbegaafde bangmakers debuteer ook hier. Mense met verbeeldings soos vingernaels wat oor ʼn swartbord knars.

Product Details

ISBN-13: 9780624074748
Publisher: Tafelberg
Publication date: 08/11/2015
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 256
File size: 511 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Deborah Steinmair is op 23 Februarie 1962 op Groblersdal gebore en sy het in Pretoria grootgeword. Sy het ’n BA-graad in Engels en Drama en ’n honneursgraad in Drama behaal. Sy was onder andere ’n assistent vir ’n reisende poppespeler, ’n lektor in Engels by die Universiteit van die Noorde, boekeredakteur by kalahari.net en die SêNet-webmeester op LitNet. Tans is sy ’n vryskut-kopieskrywer, redakteur, proefleser en skrywer. Haar debuut digbundel, A See-through Suitcase, is in 2003 deur Genugtig gepubliseer. In 2010 verskyn haar debuutroman, Marike se laaste dans, by Human&Rousseau. Daarna volg haar drie raaiselromans Die neus (2012), Wenkbrou (2013) en Moestas (2015), by dieselfde uitgewer.
Gerda Taljaard (Gilson) is op 14 April 1971 in Pretoria gebore. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Staatspresident CR Swart in Pretoria. In 2002 behaal sy ’n doktorsgraad in letterkunde en kunsgeskiedenis aan die Universiteit van Pretoria. Gerda is tans dosent aan die Universiteit van Pretoria se Eenheid vir Akademiese Geletterdheid. In 2002 verskyn haar kortverhaalbundel Maansiek by Protea Boekhuis. In 2003 word een van haar gedigte in ’n versamelbundel, As die son kom oogknip (red: Fanie Olivier), opgeneem, asook in Honderd jaar later (Praag), ’n Eugéne Marais-gedenkbundel. In 2006 is sy as die algehele wenner van die De Compagnie-prys vir beste kortverhaal uit 400 inskrywings aangewys. Dié kortverhaal word opgeneem in die versamelbundel Die melkweg het ’n ster laat val (Human&Rousseau). As student het sy reeds verskeie pryse vir kortverhale tydens UP se jaarlikse Van Schaik-letterkundekompetisies (1994 en 1995) ontvang. Twee van haar kortverhale verskyn in Literator in 1998 en in 1999 ontvang sy die Litera-prys vir beste nuwe (ongepubliseerde) skrywer. Van haar woordsketse is ook in rooi rose (2002) gepubliseer. Haar debuutroman ’n Engel in die hoenderhok verskyn in 2009 by Tafelberg, haar tweede roman, Kelder (2012) is deur dieselfde uitgewer gepubliseer.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews