Slagyster

Slagyster

by Rudie van Rensburg
Slagyster

Slagyster

by Rudie van Rensburg

eBook

$11.49  $14.74 Save 22% Current price is $11.49, Original price is $14.74. You Save 22%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Daar’s ’n moorddossier op inspekteur Kassie Kasselman se lessenaar . . . In die woude van die Niger-delta word Ryan Deetlefs, ’n Suid-Afrikaanse werknemer van die geldgierige Star Petro, gevange gehou deur ’n rebellegroep wat reeds verantwoordelik was vir die dood van etlike oliewerkers. Haarhoff, Malan en Van Dyk Transport in Kaapstad is ’n baie suksesvolle onderneming, en eersdaags sal die drie kollegas nóg dieper rol in die geld. Hulle het ’n uiters lonende byverdienste, in samewerking met SAPD-hoëlui en die Nigeriese sluikhandel. Maar hoe gemaak met Brink van Dyk en sy Taliban-kwellinge? Carl het afgetree op sy splinternuwe olyfplaas in die Karoo. Hy’s klaar met polisiemol-dwelmhandel en die skadulewe . . . totdat sy voormalige bevelvoerder daar opdaag met ’n versoek wat Carl eenvoudig nie kan weier nie – een wat hom in kontak gaan bring met Afrika se mees gewetenlose skurke. En hy’t self nie ’n silwerskoon verlede nie . . . Van dit alles moet inspekteur Kassie Kasselman – posseël- en boeremusiekliefhebber, alleenloper-speurder met ’n ernstige waarskuwing op sy diensrekord – sin maak. Iemand het sleg geknoei, maar hoe hoog op strek die kwaad? Slagyster is ’n debuut-spanningsverhaal deur ’n opwindende nuwe stem in die genre, en vir inspekteur Kasselman sal ons vorentoe weer ontmoet.

Product Details

ISBN-13: 9780795800634
Publisher: Queillerie
Publication date: 08/01/2013
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 352
File size: 578 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Rudie van Rensburg is in 1951 in Bloemfontein gebore. Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad, waarna hy in 1982 medestigter en uitgewer van Bloemnuus word, en later redakteur van Die Ekonoom-saketydskrif. In 1987 verhuis hy Kaap toe en sluit hom by Sanlam se reklame-afdeling aan. In 2008 word sy komedie Die Begrafnis (onder die skuilnaam Phil Janse) by die KKNK bekroon met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater (beste dramaturg). Die stuk verskyn in boekvorm by Genugtig! Uitgewers. In 2009 verskyn ’n self-publikasie vir kleuters, Die Doempies van Tafelberg. Rudie skilder reeds die afgelope 25 jaar en van sy werke is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland, Brittanje en Australië. Rudie is getroud met Lize en het drie kinders. Slagyster is sy debuutroman.

Read an Excerpt

Daar’s ’n moorddossier op inspekteur Kassie Kasselman se lessenaar . . ._x000D_

_x000D_

In die woude van die Niger-delta word Ryan Deetlefs, ’n Suid-Afrikaanse werknemer van die geldgierige Star Petro, gevange gehou deur ’n rebellegroep wat reeds verantwoordelik was vir die dood van etlike oliewerkers._x000D_

_x000D_

Haarhoff, Malan en Van Dyk Transport in Kaapstad is ’n baie suksesvolle onderneming, en eersdaags sal die drie kollegas nóg dieper rol in die geld. Hulle het ’n uiters lonende byverdienste, in samewerking met SAPD-hoëlui en die Nigeriese sluikhandel. Maar hoe gemaak met Brink van Dyk en sy Taliban-kwellinge?_x000D_

_x000D_

Carl het afgetree op sy splinternuwe olyfplaas in die Karoo. Hy’s klaar met polisiemol-dwelmhandel en die skadulewe . . . totdat sy voormalige bevelvoerder daar opdaag met ’n versoek wat Carl eenvoudig nie kan weier nie – een wat hom in kontak gaan bring met Afrika se mees gewetenlose skurke. En hy’t self nie ’n silwerskoon verlede nie . . ._x000D_

_x000D_

Van dit alles moet inspekteur Kassie Kasselman – posseël- en boeremusiekliefhebber, alleenloper-speurder met ’n ernstige waarskuwing op sy diensrekord – sin maak. Iemand het sleg geknoei, maar hoe hoog op strek die kwaad?_x000D_

_x000D_

Slagyster is ’n debuut-spanningsverhaal deur ’n opwindende nuwe stem in die genre, en vir inspekteur Kasselman sal ons vorentoe weer ontmoet.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews