Smullekker Vegetaries

Smullekker Vegetaries

by Sonia Cabano
Smullekker Vegetaries

Smullekker Vegetaries

by Sonia Cabano

eBook

$9.99  $11.00 Save 9% Current price is $9.99, Original price is $11. You Save 9%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Sonia en Jade se entoesiasme vir geurig kook sprankel behoorlik uit elke bladsy van Smullekker Vegetaries! Dié boek bevat prettige en eenvoudige vegetariese resepte, noukeurig uitgesoek om in die behoeftes van jong werkendes en bedrywige gesinne tot gesondheidsbewuste hedoniste te voorsien. Deur meestal plaaslike bestanddele te gebruik, dek die resepte alles van maklike, alledaagse disse, ligte happies en eenvoudige versnaperinge, tot vernuwing en ontgifting met suiwer kos, tot hedoniese feeste vir spesiale geleenthede en heerlike sielskos, asook heerlike gebak en soet happies. Dié resepteboek is die begin van ’n avontuurlike liefdesverhouding met vegetariese kookkuns.

Product Details

ISBN-13: 9781432301446
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 12/04/2012
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 188
File size: 5 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Sonia Cabano, ’n voormalige model wat sjef geword het, woon vir 12 jaar in Londen en Europe, waar sy by verskeie gewilde restaurante opleiding ontvang, onder andere by Bistro 190 van Anthony Worrall-Thompson, Kensington Place van Rowley Leigh en Blacks in Soho. Nadat sy na Suid-Afrika terugkeer, bestuur sy ’n suksesvolle spyseniersonderneming in Kaapstad, wat verskeie bekende kliënte lok. Sy werk ook as vryskut-stilis en –joernalis vir verskeie Suid-Afrikaanse publikasies. Sy is tans werksaam as ’n gewilde demonstrasie-sjef en ’n bedrywige ma van twee jong kinders. Sonia is die outeur van Vinnig en Maklik en Pikant, ook deur Struik Lifestyle uitgegee. Smullekker Vegetaries is Sonia se vierde resepteboek.

Jade de Waal is ’n jazz-student met ’n passie vir kos. Tydens haar matriekjaar begin sy ‘Eat Your Heart Out’, ’n kookprogram vir die internet. Sy bied ook gereeld ‘Food Jams’ aan waartydens deelnemers genooi word om te improviseer en hul kookvernuf te ontdek. Jade behaal die Top 8-deelnemers in die eerste seisoen van MasterChefSA en word heel gepas aangewys as die mees kleurvolle deelnemer.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews