Suiker Britz: Dossier van 'n speurbaas

Suiker Britz: Dossier van 'n speurbaas

Suiker Britz: Dossier van 'n speurbaas

Suiker Britz: Dossier van 'n speurbaas

eBook

$10.49  $12.00 Save 13% Current price is $10.49, Original price is $12. You Save 13%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Toe die legendariese Suiker Britz homself in 2018 om die lewe gebring het, het die einde van ’n era aangebreek – ’n tydvak waarin ouskool-polisiemanne se reputasie gebou was op ongelooflike suksesse in die bekamping van misdaad. In sy luisterryke loopbaan as polisieman en speurder, en as hoof van die Suid-Afrikaanse Polisie se Moord en Roof-eenheid, was Britz as ondersoeker betrokke by misdade wat die samelewing tot in sy fondamente geskud het. In die land se oorgangstydperk na demokrasie het hy, in opdrag van verskeie kommissies van ondersoek, duisterhede help opklaar rondom polities-geïnspireerde moorde. In hierdie boek probeer die skrywers ’n beeld van die man agter die legende kry deur die soeklig op sake waarby hy betrokke was, te laat val. En die beeld wat na vore kom is dié van ’n passievolle speurder wat uitsonderlike prestasies in sy loopbaan behaal het, maar hy was ook ’n gewone mens met unieke tekortkominge. Britz het dikwels onder fel kritiek deurgeloop oor die manier waarop polities sensitiewe sake hanteer is. Lesers wat maklik ontstel word deur grafiese materiaal, moet daarop bedag wees dat die sake wat in hierdie boek gedek word, dikwels grusaam en angswekkend is. Om egter ’n profiel van ’n man in Suiker Britz se liga saam te stel, is dit onvermydelik dat die donkerste uithoeke van die menslike psige verken moet word.

Product Details

ISBN-13: 9781776094714
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 09/01/2019
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 224
File size: 2 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Anemari Jansen het ’n meestersgraad in Afrikaanse letterkunde. Haar debuutroman Glipstroom is in 2014 deur Human&Rousseau gepubliseer. In 2015 verskyn Eugene de Kock: Sluipmoordenaar vir die Staat en Eugene de Kock: Assassin for the State. Sy het drie kinders en woon in Alberton. Anemari is passievol oor die versoenende rol wat persoonlike narratiewe kan speel in die huidige diskoers in Suid-Afrika.
Stefaans Coetzee is ʼn aktivis vir versoening, geregtigheid en restitusie. Sy merkwaardige verhaal van hoe hy as tiener deur regses gebreinspoel is om aan ’n terreuraanval deel te neem, word vertel in Wit Wolf: Die storie van die Worcester-bomplanter se bevryding. Stefaans het al die Comrades voltooi en hy woon saam met sy kat Pablo in Klerksdorp.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews