Tienerharte 4: Hartsnaar

Tienerharte 4: Hartsnaar

by Cecilia Steyn
Tienerharte 4: Hartsnaar

Tienerharte 4: Hartsnaar

by Cecilia Steyn

eBook

$6.99  $7.83 Save 11% Current price is $6.99, Original price is $7.83. You Save 11%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Sophia droom om eendag prima ballerina assoluta te wees. Sy en Noah is al beste vriende vandat hulle in doeke is en in matriek doen hulle saam aansoek om 'n somerskool in Londen by te woon: hy by die Royal Academy of Music en sy by die Royal Ballet School. Maar dan word Noah se ma siek en hy besluit om te bly. Sophia sou nooit droom om sonder Noah Londen toe te gaan nie, maar nou is alles anders. Ná wat met haar gebeur het, is dit dalk die perfekte tyd om weg te kom. Dalk sal sy dan regtig weer oukei wees . . . Noah is Sophia se skouer om op te huil. Hy is daai ou. Die geek wat toor met rekenaars en 'n viool se snare. Sophia is die enigste meisie wat hy ken wat versot is op Star Wars en boonop vir Dracula bo Edward Cullen verkies. Haar groot groen oë is sy gunstelingplek op aarde. Maar hoe kan hy vir sy beste pel sê hy is verlief op haar sonder om hulle vriendskap op te foeter? En wat weet 'n nerd nou van 'n meisie se voete onder haar uitslaan? Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsy!

Product Details

ISBN-13: 9780798175760
Publisher: Human & Rousseau
Publication date: 03/01/2017
Series: Tienerharte , #4
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 160
File size: 728 KB
Age Range: 14 - 18 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Cecilia Steyn is die trotse ma van twee pragtige seuns en woon in Klerksdorp, Noord-Wes. Deesdae as sy nie lees nie, skryf sy. Sy is op 9 September 1974 in Welkom in die Vrystaat gebore, die jongste van drie kinders. Na skool skop sy haar loopbaan af in die kleinhandel Apteekbedryf. Vandag is sy die takadministreerder van HealthPharm Wilkpoppies. Op die dappere ouderdom van 40 probeer sy in 2014, onder die mentorskap van haar broer en bekende skrywer, Fanie Viljoen, vir die eerste keer haar hand aan die skryfkuns. Op 9 Januarie 2015 verskyn haar eerste kortverhaal, "Evan se Pizza", in die Vrouekeur, en in 2015 is haar eerste jeugromans aanvaar vir publikasie.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews